Vir Xuane

‘n Dapper ou dogtertjie het vanoggend in die vroeĆ« oggendure haar stryd teen kanker verloor

Little girl in heaven

Waar ‘n kind sterf kry die aarde seer
die lug koes
die riviere raak stil
die see krimp terug
die bome hang swart doeke uit op die middaguur
die horison raak onseker
die berge word oornag oud met grys skouers
die klippe le dit in hulle geheues vas

en die son val gewond in sy skaduwee.

Johann de Lange