Ystervarkie – wiegelied

Daar is die mooiste Afrikaanse wiegeliedjies . . . . .die meeste is bekende wiegeliedjies.

Maar hierdie onbekende en besonderse wiegeliedjie het ek heel toevallig op die web raakgeloop toe ek na gedigte em rympies deur Philip de Vos gesoek het. Ek hou baie van sy versies, rympies, gediggies en sommer alles wat hy skryf. Philip de Vos is een van my gunsteling Afrikaanse digters.

Hierdie “Ystervarkie-wiegelied” is sy rymvertaling van een van die geliefde Hollandse digteres, Annie M. G. Schmidt, se versies “Stekelvarkentjes-wiegelied.”

"Stekelvarkie"

YSTERVARKIE-WIEGELIED

So ja, so ja Prikkeltjie. Daar buite skyn die maan.

Jy is ‘n ystervarkentjie, dit moet jy goed verstaan.

Jy is ‘n ystervarkentjie, dit weet jy tog ten volle.

Die leeu spog met ‘n maanhaar, en luiperd spog met kolle

en onse tante eekhoring het ‘n rooibruin wolhaar stert,

maar jy het net jou pennetjies, en dié is veel meer werd.

Slaap, my kleine Prikkeltjie, dan word jy groot en dik

soos Pappa en soos Mamma (en dít bring net geluk)

Die olifantjie het ‘n slurp, en beer spog met sy kloue,

en papegaai het vere: daar’s groenes en ‘n bloue,

en onse oom kameelperd het ‘n baie lang lang nek,

maar jy het net jou pennetjies, en dit is ook nie gek.

So ja, so ja Prikkeltjie, dit is al vreeslik laat.

Jy is die mooiste varkentjie waar mense oor kan praat.

Die ysbeer dra ‘n wolhaarpels vir warm-hou van binne,

en koeie spog met horings, en visse spog met vinne,

en onse neef, die otter het ‘n warm donker jas,

maar jy het net maar pennetjies en dié kom goed te pas.

So ja, so ja Prikkeltjie, daar buite skyn die maan,

Jy is ‘n ystervarkentjie, dit moet jy goed verstaan.

Philip de Vos

2 thoughts on “Ystervarkie – wiegelied

    • Ek is bly jy het dit net so geniet soos ek dit geniet het toe ek dit gelees het . . .die Hollandse weergawe is op YouTube om te luister

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s