Lippetaal

Die Judaskus . . .

Ek het hierdie skildery op die internet raakgeloop, maar ongelukkig was die naam van die skilder nie daarby nie . Die titel van die skildery was: “Verraad”

Onmiddellik het die Judaskus by my opgekom en in my soeke het ek op hierdie gedig van Hennie Aucamp afgekom.

Verraad

Die judasboom breek uit in bloed

( ‘n boom kan soos ‘n mens bly boet):

Die selfmoord van ‘n Judas

is deur ‘n kus ontsteek;

versoening is verduister –

die judasboom moes breek

dat bloeisels kan verkondig

so vleeslik soos ‘n wond:

die liefde van ‘n judas

is bitter aan die mond.

Die judasboom breek uit in bloed

(‘n boom kan soos ‘n mens bly boet).

3 thoughts on “Lippetaal

  1. Welkom in blogland, dis lekker om jou plekkie raak te lees.

    Ek kon nie die versoeking weerstaan om die kunswerk op te soek nie, en sommer gekry ook. Die ‘n ets van David Boyde, soek by die wagnerartgallery in Australië. ‘n Baie goeie werk!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s