Sneeuwitjie en die Sewe Bergies

 

Die Teekoppievoorkoms

"wie is die mooiste in die land?"

Daar was ‘n vrou. Haar naam? Sneeuwitjie –

so vaal soos ‘n verbleikte geitjie.

Har vel was bleek; haar neus was rooi

en sy was wragtig glad nie mooi.

Sy het probeer – ja, honderd keer

om met Max Factor te grimeer.

Maar, sjympies tog, sover ek weet,

wou niks ooit help vir haar gevreet.

Tog loer sy na die spieël se kant:

“Wie is die mooiste in die land?”

Toe breek die spieël in sewe stukkies

en gee die vroumens sewe snikkies.

En alles word toe dubbel goor,

die dag toe sy haar werk verloor . . . .

Nou was die lewe glad geen grap.

Sy moes in vullisdromme krap,

Met sewe trane oor haar wange,

bereik sy Tafelberg se hange.

Daar tussen slop en rommelry

was waar die Sewe Bergies bly.

Sewe Bergies, erg besope;

veertien oë, bloedbelope.

En skaars sou sy na hulle loer,

toe skree die spul:”DJOU PA SE POER!!”

o spieëltjie, spieëltjie aan die wand.

Sy was die mooiste in die land . . . . .

En hier sou sy – ja, glo vir my –

vir sewe jaar gelukkig bly.

 

Phillip de Vos

2 thoughts on “Sneeuwitjie en die Sewe Bergies

  1. Ons sal graag hierdie inskrywing wil gebruik in die STRAATKINDBUNDEL wat vrygestel word op Internationale straatkinddag – 12 April 2016. Daar is geen geldelike vergoeding vir die skrywers nie maar daar is ook nie enige geldelike verpligting vir die druk van die bundel nie. Daar Is wel heelwat media dekking rondom die bundel se vrystelling. Die skrywer se eie webwerf sowel as die oorspronklike bron van publisering kry volle erkenning. Elke skrywer kry ‘n gratis eksemplaar van die Straatkindbundel.

  2. My oom het vertel van vriend in Tamboerskloof wat hy geken het wat baie vir die straatmense gedoen het. Selfs ‘n afdak laat bou waar hulle uit die reen kon slaap. Die een aand studeer hy en van onder die afdak huil ‘n baba genadeloos. Later vra die-nie -regkry-om-te-studeer vriend sy vrou om vir die baba ‘n bottel melk te vat. En die ma se eerste reaksie “is die tiet darem gesterilize”. Kannie onthou of dit sneeuwitjie was nie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s