N P van Wyk Louw se treffende” Ballade van die Nagtelike Ure ”

Ons liefde het uitgeblom

tussen elfuur en kwart oor twee –

hier sit ek onder die dagbreek

half-nugter en verlee

 

op koel stoeptreetjies êrens

waar ek ‘n blink waterkraan sien

in die ure van die donker dors

tussen twaalfuur en smôrens om tien.

 

Om elfuur was jou liggaam

die honger en dors in my,

as jou skewe papier-kalot

ver deur die danssaal gly.

 

Om twaalfuur was jy ‘n ligte brug,

‘n hoë, gevaarlike gang

bo my klein verwildering

tussen pyn en sterwe gehang.

 

Om eenuur was jou hare

vir my vingers ‘n bose strik,

en jou lyf soos swart stil water

en jou asem soos ‘n snik.

 

En nou het die môre my

oor die rand van sy glas gemors

op die stoep by die kraan wat blink

in die uur van die donker dors.

4 thoughts on “N P van Wyk Louw se treffende” Ballade van die Nagtelike Ure ”

  1. hoe sal dit werk ek die gedig wil in n song verander. wie is die preonse wat my sal kan help met die kopie reg op die woorde ?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s