Landskap – skildery en gedig deur Andries Bezuidenhout

 

20130525-185647.jpg

Geloof, hoop, liefde. Hierdie drie,
maar die grootste hiervan is dalk geloof,
onthou ek uit ʼn gesprek aan die einde van Op ʼn eiland.
Vir Rita met haar wrokkige man
in om te lewe is onnatuurlik bly ʼn laaste halm hoop.
Iewers in ʼn gedig van André Letoit
word oorskietliefde geloot.

Hoe kies mens dan jou roete, jou invalshoeke
deur gom en gare en die blaaie van boeke?

Toeval dalk? Ry vanuit Oudtshoorn, rigting Calitzdorp,
op soek na ʼn uitstalling van landskapskilderye,
hou by De Hoop se kerktoring stil –
in geloof gebou, maar nou ʼn handlose vinger
sonder dorp om na terug te wys,
klok wat koersloos onder loodlas lui.

Kom dan op ʼn sinkgehuggie af,
kerk teen die horison, mezuzahkruis langs die deur
en besef waaroor die keuse moontlik gaan:

Geloof, De Hoop en wasdag,
hierdie drie, maar die grootse hiervan is die wasdag.

Andries Bezuidenhout

2 thoughts on “Landskap – skildery en gedig deur Andries Bezuidenhout

  1. Jy kan dit gerus deel! Solank jy die digter en skilder krediet gee natuurlik. ek het sy naam by die titel gevoeg. Hy het ook die skildery geskilder.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s