Pennies op die spoor

al die boompies langs die pad
die ken ek wel
al die goeters word daar van
my vertel
al die spookstories, dinge
en husse met lang ore
die perskeboom se takke hang al swaar
n kiewiet in die langgras wat raas
die winter was te lank

en die pennies op die spoor
het ek kleintyd verloor
maar die rykdom in my hart
snoesig toegemaak

die maan hou bakhand wag
oor die karoo
kleintyd stories wat ek glo
die padpredikant langs die pad wys
die huis is nie meer ver
klippe en rantjies afgeets
stil films flits verby
en jupiter is net n speldeprikgaatjie
in die hemel

en die pennies op die spoor
het ek kleintyd verloor
maar die rykdom in my hart
snoesig toegemaak

Stef Kruger
Die stasie by Vondeling

6 thoughts on “Pennies op die spoor

  1. Toe ek daai “enter” knoppie druk..toe weet ek ….
    Een vinger wys na jou en drie terug na my!
    Hoop as jy jou korreksie maak kan ek myne ook 3:)
    Het vandag jou blog ontdek en geniet dit vreeslik!

    • Ek moes jou bietjie terugkry. 🙂
      Ek sal in die vervolg beter navorsing doen oor liriekeskrywers en sangers and al daai klas dingetjies.
      Dis belangrik om krediet te gee waar krediet toekom, nie waar nie?
      Ek is bly jy geniet my blog, dis my plesierigheid!

Lewer kommentaar op Riette Kanselleer antwoord