Oor ma’s en dogters

Uit: ”Broodsondes” deur Annelie Botes

 Elke ma en dogter wat in onguns leef en mekaar met die skalpel vermink, moet rivier toe reis.

Mother and daughter

In die molm van die rivierwilg

In die begin van die begin het die Wetmaker die riviergodin aangestel oor die boekrol met al die wette vir al die plae wat spoeling, wassing en weking benodig. Dwaalsiel, breekharte, albasteroë, wintersvoete. Sy het alles bedink en die wette na goeddunke in haar rivierland versteek. Soms op toeganklike plekke ;soms op gevaarplekke waar verre reisigers hard moes soek. Tussen die biesiegoed en braambosse; op die sandbanke by die krokodille; in die oog van ‘n maalkolk; die swaaienede vinkneste; die helling van die stroomversnelling.

Die bossie met die helingsolie vir die skeuring tussen ma en dogter het sy voorlangs gebêre, in die molm van die waterwilg. Want sy’t geweet as ‘n ma of dogter uit seer en desperaatheid na die spoelwater toe moet reis, is hulle van krag ontdaan en lank reeds duiselig van hongersnood.By hulle aankoms loop hulle mankvoet en hulle oë sit versonke. Al wat hulle kan regkry, is om gebukkend aan die voet van die waterwilg te tas, met die vingers kneus tot die geur van tiemie opslaan. Dan uitrus in die wete hulle het die boekrol gevind. As die oggend se môreoggend se oormôre kom, begin hulle pluk en langpad terugdra. Pars en aansmeer, die nawelpunte vasdruk tot hoogdagson. Vir baie rondemane, tot die letsel kleiner raak. Nog ‘n bietjie kleiner. En nog ‘n bietjie.

Tog, die wette van die boekrol sê nêrens dat die letsel ooit sal verdwyn nie. Dis bloot die getuienis dat iemand rivier toe was. Elke ma en dogter wat in onguns leef en mekaar met die skalpel vermink, moet rivier toe reis. Wegbly en weier is om die skalpel in te sluk en vanuit die innertes opgekerf te word.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s