God se gedig T T Cloete

Vanoggend, so in my haas om klaar te maak om betyds by die werk te wees, vang my oog ‘n insetsel op Kyknet – ‘n onderhoud,  of gesprek,  met die skrywer en digter,T T Cloete. Wat my eerste opgeval het, was hoe oud hy geword het en dat hy in ‘n rolsoel was.

Maar toe hoor ek sy woorde: ” Soms wil ek nie gaan slaap nie; dis te lekker om te lewe! Mens moet jou verwonder aan die lewe.”

Toe oor dinge wat hom bekommerd maak: ”Dinge buite my beheer soos die petrolprys wat opgaan; lewenskostes wat opgaan; mediese kostes wat opgaan.”

Op sy webwerf skryf hy dan ook die volgende wat pragtig by sy woorde van vanoggend aansluit:

Ek dink as jy net geluk en vreugde ken, net voldoening, net vervulling, sal jou bestek maar klein wees. Jy kort hierdie ding wat die Engelse noem: ‘ the equilibrium of opposites’. In my gedigte is daar jubeling, vreugde, maar nie net dit nie. Dit alleen . . .  nee.”

Foto met vergunning aan Brenda Veldtman Photography. Gaan besoek gerus haar webblad en kyk na haar deernisvolle portretfotografie van Prof T T Cloete en ander.

God se gedig

Prof T T Cloete

                            Prof T T Cloete

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s