Introvert

Hierdie pragtige gediggie het in die ATKV se ”Senior Afrikaans Eerste Addisionele Taal-Olimpiade 2015′‘ vraestel verskyn wat die kinders verlede Dinsdag geskryf het. Dit is geskryf deur Anja Visser. Onder haar naam verskyn die volgende: Poort, 2011.

Ek neem dus sommer aan dat sy ‘n tiener was toe sy dit geskryf het en dat dit heel waarskynlik in ‘n tydskrif met die naam ”Poort” in 2011 verskyn het. Dit is my aannames. Ek sal dit moet gaan google.

Die gediggie het my onmiddellik halsoorkop aangegryp. Dit kon net sowel ek gewees het wat dit geskryf het; dit was ”ek” toe ek ‘n tiener was. Ek onthou nou nog sy naam. Hy het in my graad 9-jaar een oggend in ons klas ingestap – die nuwe seun van iewers in die Vrystaat . . .

Die foto het ek op die internet opgespoor; ongelukkig met geen naam van die eienaar daarby nie.

Geniet dit . . .

[Ek sukkel egter met WordPress. Dit aanvaar nie strofes nie. Al maak ek spasies tussen die strofes of al tik ek die gedig in Word en ”copy en paste” dit in WordPress, word geen spasies aanvaar nie. Hierdie gediggie se strofe-indeling wys dus nie korrek in my pos nie.]

Introvert girl in window sill

elke dag

staar jy deur my

my lyf is van glas

die muur agter my jou fokuspunt

my stem

is koue wasem

teen die venster langs jou

my trane

is die reëndruppels

wat van jou lyf afrol

en vergete

op die grond neerplons

my aanraking

is die wind

wat op elke windstil dag

deur jou waai

ek is die

deurskynmeisie

agter in die klas

5 thoughts on “Introvert

  1. …ek het sopas hierop afgekom en sit voel of my hart in my keel klop. Ek het hierdie gedig geskryf toe ek op hoërskool was. Die feit dat iemand dit raaksien,maak my ongelooflik bly. Baie dankie vir die kompliment.

    • Nou toe nou! Dis nou wonderlik om van jou te hoor, anja. Het jy geweet dit was in die ATKV vraestel? Ek is gek oor die gediggie . . . Hoe oud was jy toe jy dit geskryf het?

      • Wel, dit was in die vraestel. Hulle het beslis baie van jou gediggie gedink om dit in ‘n nasionale ATKV vraestel te gebruik. Miskien moes hulle jou darem gese het . .

  2. My afrikaanse juffrou het dit ingeskryf vir die Poort kompetisie in 2011. Daar is 2 van my gedigte in die 2012 Poort kompetisie ook gepubliseer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s