Bergies

Soos hulle dit noem,”skarrel”. Soggens vroeg verskyn hulle om te ”skarrel” in die strate van die stad, Kaapstad. Hulle is die ”Bergies”; die daklose straatmense wat skuiling soek in die bosse teen Tafelberg. Louis Esterhuizen se gedigte handel oor mense wat swaarkry . .

Foto krediet: 2ndTake Homeless 2

Die teerste geluid
 die bergies met hul trollies
 duskant vyf

 in die môre, honger
 krappe wat kruis en dwars
 donker strate


 deur, van swart sak
 na swarter sak
 rammel

 Só bly gister se rommel
 'n winskoop, tot die waens
 agter hulle aan 

sluip, kruis en dwars
 deur die koue strate vyfuur
 in die môre

 die seerste geluid 

Louis Esterhuizen

7 thoughts on “Bergies

  1. Ons sal graag, met toestemming, die gedig, “Bergies” wil publiseer in die STRAATKINDBUNDEL wat vrygestel word op Internationale straatkinddag – 12 April 2016. Daar is geen geldelike vergoeding vir die skrywers nie maar daar is ook nie enige geldelike verpligting vir die druk van die bundel nie. Die skrywer se eie webwerf of webwerf/ bron van oorspronklike publisering kry volle erkenning. zuanne.marie@gmail.com

    • Ek sal sy kontakbesonderhede vir jou probeer uitvind en vir jou ‘n e-pos stuur. Ek het nog ‘n gediggie gepos, ‘n hele tydjie gelede, wat dalk ook vgepas sal wees vir jou bundel: ”Sneeuwitjie en die sewe bergies”. Ek sal dit vir jou soek. Ken jy ”Straatkind” van Lina Spies?

      • Sneeuwitjie en die sewe bergies is beslis gepas! Baie dankie. Weereens het ons die skrywer se toestemming/ bio/ foto nodig? Ek sal dit graag wil plaas. Ek weet van Lina Spies se Straatkind gedig, ek dink amper deur Human & Rousseau gepubliseer – en dit op sigself maak toestemming om te herpubliseer problomaties – al gebruik ons volle verwysing na die oorspronklike bron van publisering.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s