Waaroor

“Soe, die beste manier

omme taal te bewaar is:

Liessit, praattit, skryffit,

ontginnit en bedryffit.

Net soelank jy my verstaan

stap skryf en taal ‘n lang pad saam.”

Marius Titus

Hier versamel ek  skrywes in  Afrikaans wat vir my mooi is, hetsy dit liedjies, gedigte, stukkies prosa, aanhalings, skrywes van ander en miskien van myself ook is –  wat ookal.

My taal is vir my mooi . Dit moet gelees , geskryf en gehoor word.

Die “Header” foto behoort aan Jac Kritzinger met die titel ”Agterpad deur Namakwaland” 

Ek hou daarvan . . .

16 thoughts on “Waaroor

  1. Jy weet natuurlik dat jy hierdie oud-Namakwalander se hart vasgevang het met die foto hierbo. Dankie dat jy my blog gevolg het. Soos ek tans vir almal verduidelik, het ek op die oomblik internet-probleme en ly aan blog-onttrekkings-simptome. Die oomblik as ek weer op die lug is, sal ek hier kom kuier na hartelus.

  2. Hallo daar. Het jou webtuiste vandag ontdek – so oulik! Ek bly in New Zeeland. Ek is n beginner-skrywer. Ek het n artikel geskryf: Kambro-kind (Beddeken tossel storie…). https://williamvanzyl.atavist.com/beddeken-tossels-red-baba-se-lewe-die-kambro-kind
    Moontlik sal jy dit interresant vind. Indien wel, kan jy my kontak. Beste met die goeie werk wat jy met jou webtuiste doen. Groete. William Van Zyl e-pos: williamvzyl@xtra.co.nz Lees aanlyn: williamvanzyl.atavist.com

    • Baie dankie, William. Dis n aangename verrassing om so n mooi kommentaar te lees van daar ver in New Zeeland.
      Ek gaan beslis jou blad besoek en die storie lees so deur die loop van die dag . Ek het klaar so vinnig op jou blad gelees oor wie jy is en wat jy doen. Gaan beslis later deeglik lees.
      Nogmaals dankie.

    • Hi, William. Ek het sopas jou verhaal gelees en tot my verbasing is dit die storie van F A Venter, een van my gunstelingskrywers deur die jare.
      Ek het ook jou webwerf besoek . dit is baie interessant en ‘n openbaring. Ek hou veral van jou sketse – jou selfportret Picasso styl. Snaaks genoeg, het ek net gister ‘n artikel gelees oor die einskappe van n goeie leier. die laaste eienskap wat die skrywer genoem het, was die vermoe om te kommunikeer, om te “connect” met mense. As voorbeeld het die skrywer Picasso en Van Gogh gebruik, albei was uitmuntende kunstenaars; een sterf brandarm en die ander een word skatryk.
      daar is ongelukkig nie ‘n opsie aan die einde van jou vertellings om kommentaar te lewer nie.
      Baie groete. Riette

Laat 'n boodskap na HesterLeyNel Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s