Feeds:
Kommentare

Archive for the ‘Afrikaanse gedigte’ Category

Kykweer

Die digter trek nie skares nie

Die digter trek nie skares nie

 

”’Die gees van my land is ‘n voetbal”

(Lina Spies)

 

Die digter trek nie skares nie:

Opperman, Van Wyk Louw of Breytenbach,

die lostrio van die taal

vul nie aankomsale nie;

hulle trek nie ratse jong dye

uit eina-rompe nie.

 

Selfs met hul struktuur,

hul vorm,

die ritme van rymwoord,

of met die flink fop-aangee van betekenis,

of die agterlyn

van die sonnet

wat vaartbelyn

die naakte bluf van die kaal keiser, sonder skroom,

ontbloot,

kry hulle nog geen applous.

 

In die daaglikse kwatryn

van die voorstedelike bestaan

is almal banaal begaan

oor die gain en die pyn.

 

Selfs die babas in kappies,

met foppertjies

en koue kriewelhandjies

kweel en kwyl opgewonde in die kamera

oor die baie baard,

been en biceps,

die torso is die ode,

weet die bal van die metafisika?

 

Die digter sit op die reserwebank:

sonder bier in die hand,

sonder vlag op die bors,

hy besef, die massas het ‘n ander, dieper dors.

 

Hulle kyk liefs om die spieël,

vermy die raaisel.

 

 

© Clinton V. du Plessis, 2013

 

Read Full Post »

Die Berggans

Een van die mooiste en teerste liefdesgediggies in Afrikaans is Boerneef se ” Berggansveer”

Hierdie gediggie dra ek op aan jou . . . . . .

Die berggans het ’n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal
my hart staan tuit al meer en meer
ek stuur vir jou die berggansveer
mits dese wil ek vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê

Boerneef

love-you-forever

Read Full Post »

Nagreen

Nagreen

Die reën skuifel deur die straat,

verby my venster, mensverlaat …

Soos ’n trossie narsings wat verkwyn,

flikker die druppels teen my vensterruit

waar die geel straatlig daardeur skyn;

en voel die wind

met bleek vingers, soos ’n kind,

aan die swaar gordyn, wat plooi

in die lamplig, teer en droef papawerrooi.

N P van Wyk Louw

Read Full Post »

image

Ek het hierdie Nederlandse weergawe van Ingrid Jonker se gedig , Ek herhaal jou, op die Facebook bladsy “Ingrid Jonker ” raakgeloop .

Dit het my onmiddellik vasgetref .

Ek deel dit graag hier .

Die vertaling is gedoen deur Enrico en geplaas op sy blog “Lommerte

Geniet  die pragtige gedig .

Heel apart. . . . .

Read Full Post »

Afrikaans het ook nou die e-boekmark betree. Iets waaroor ek baie bly is.

Besoek gerus Andre Beukes se blog!

http://andrebeukes.com/2012/09/04/die-50-skakerings-van-eboeke/

http://andrebeukes.com/

 

Read Full Post »

Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.

C J Langenhoven

 

Read Full Post »

Louis van Rensburg sing sy toonsetting van Boerneef se pragtige gedig

Bantam hom so en flennie die snare
Ek is verlief op die kind
Die son slaan vuur uit die sweetvoshare
Ek is verlief op die kind
Hoor jy meisie met die sweetvoshare
verstaan jy die praat van die rankie snare
Ek is verlief op die kind
Lappa lei vir Bella koud, in Waboomskloof se geel bossies
Lappa maak vir Bella stout,
Met Hanepootse natrossies
Donkerrooi die wingerdblaar en warmrooi die mond van haar
My hart blom wit vir die voshaarnooi
Pluk heide van die rooiste rooi
Vir hierdie einste voshaarnooi
Bellabint my meisiekind, dis hartblom wit, die heiderooi
Bellabint my meisiekind, dis hartblom wit, die heiderooi
Vir jou my voshaar meisiekind

Read Full Post »

Die Berg hou sy asem in

Hierdie is die pragtige Afrikaanse vertaling van die Noorweegse gedig, “FJELLET HELD ANDEN”, deur die Noorweegse digter, Jon Fosse. Die vertaling is deur De Waal Venter gedoen. Ek het dit op sy blog “Poetry and poësie” raakgeloop. Dit is ‘n lieflike gedig,  swanger , vol verwagting en afwagting.

,

Drakensberg

Die berg hou sy asem in

daar was ‘n diep asemteug

en toe staan die berg daar

toe staan die berge daar

en so staan die berge daar

en buig neer

en neer

in hulleself

en hou hulle asem in

terwyl hemel en see

stoot en stu

hou die berg sy asem in

Uit Noorweegs vertaal deur De Waal Venter

Read Full Post »

Ons liefde het uitgeblom

tussen elfuur en kwart oor twee -

hier sit ek onder die dagbreek

half-nugter en verlee

 

op koel stoeptreetjies êrens

waar ek ‘n blink waterkraan sien

in die ure van die donker dors

tussen twaalfuur en smôrens om tien.

 

Om elfuur was jou liggaam

die honger en dors in my,

as jou skewe papier-kalot

ver deur die danssaal gly.

 

Om twaalfuur was jy ‘n ligte brug,

‘n hoë, gevaarlike gang

bo my klein verwildering

tussen pyn en sterwe gehang.

 

Om eenuur was jou hare

vir my vingers ‘n bose strik,

en jou lyf soos swart stil water

en jou asem soos ‘n snik.

 

En nou het die môre my

oor die rand van sy glas gemors

op die stoep by die kraan wat blink

in die uur van die donker dors.

Read Full Post »

 

Die Teekoppievoorkoms

"wie is die mooiste in die land?"

Daar was ‘n vrou. Haar naam? Sneeuwitjie -

so vaal soos ‘n verbleikte geitjie.

Har vel was bleek; haar neus was rooi

en sy was wragtig glad nie mooi.

Sy het probeer – ja, honderd keer

om met Max Factor te grimeer.

Maar, sjympies tog, sover ek weet,

wou niks ooit help vir haar gevreet.

Tog loer sy na die spieël se kant:

“Wie is die mooiste in die land?”

Toe breek die spieël in sewe stukkies

en gee die vroumens sewe snikkies.

En alles word toe dubbel goor,

die dag toe sy haar werk verloor . . . .

Nou was die lewe glad geen grap.

Sy moes in vullisdromme krap,

Met sewe trane oor haar wange,

bereik sy Tafelberg se hange.

Daar tussen slop en rommelry

was waar die Sewe Bergies bly.

Sewe Bergies, erg besope;

veertien oë, bloedbelope.

En skaars sou sy na hulle loer,

toe skree die spul:”DJOU PA SE POER!!”

o spieëltjie, spieëltjie aan die wand.

Sy was die mooiste in die land . . . . .

En hier sou sy – ja, glo vir my -

vir sewe jaar gelukkig bly.

 

Phillip de Vos

Read Full Post »

« Newer Posts - Older Posts »