Die Elwekoning

“One ought, every day at least, to hear a little song, read a good poem, see a fine picture, and, if it were possible, to speak a few reasonable words.”
― Johann Wolfgang von GoetheWilhelm Meister’s Apprenticeship

 

DIE ELWEKONING

Wie ry daar so laat deur nag en wind?
Dit is ‘n vader met sy kind;
Hy druk die knapie so styf in die arm,
Hy hou hom veilig, hy koester hom warm.

“My seuntjie berg bang sy gesiggie, vir wie?”
“Sien Vader die Elwekoning dan nie?
Die Elwekoning met mantel en sleep?”
“My kind, dit is ‘n newelstreep.”

“Kom, kindjielief, kom saam met my!
So heerlik speel hul waar ek bly;
Veelkleurige blomme groei op die strand,
Van goud gaan jou kleed wees uit moeder se hand.”-

“My Pappie, is Pappie dan heeltemal doof
Vir wat Elwekoning my saggies beloof?”
“Bly stil, wees rustig maar, my kind!
In dorre blare duisel die wind.”-

“Gaan jy, lief seuntjie, met my saam?
My dogters ken almal reeds jou naam;
My dogters dans voor die nagt’like rei
En wieg jou en dans en sing so bly.” –

“My Vader, kan Vader dan glad nie gewaar
Elwekonig se dogters in die donker kol daar?”
“My seuntjie, my seuntjie, ek sien dit heel goed:
Die ou-gras skyn geel aan die randjie se voet?”

“Jou skoonheid bemin ek, my siel is ontsteld;
En as jy nie wil nie, gebruik ek geweld!”
“My Pappie, my Pappie, nou vat hy my raak!
Elwekoning het my seer gemaak!”

Die vader skrik; hy ry soos die wind,
En hou in sy arms die kreunende kind,
Bereik sy plaas in bange nood;
Die kind lê in sy arms dood.

 

Johann Wolfgang von Goethe

(vertaal deur S J Du Toit)

Advertisements

Breyten se Brief – Jan Blohm

As ek vlug in die wind
Word ek die donker se kind
En belydenis die bind my
Met jou tangerine roos tintlint
Word wakker word wakker
Met die newspapergrappe
Vat my ver weg van jou
In Jazz cafe se Omo

So wals my my lief
Laat my in angels believe
Ek het gesê jy is die son
In Breyten se brief
Want hy maak ons huil
Maar jy maak my sien

Sunnyside se poems
Dryf my sweet sherry toe
Het jy ‘n clue my baby blue?
My Rosey so true
En daar’s dors in die tyd
Sing die Kaap se wind suid
Kom lê in my arms
Ek het als weggesmyt

Maar wals my my lief
Laat my in angels believe
Ek het gesê jy is die son
In Breyten se brief
Want hy maak ons huil
Maar jy maak my sien

En ek skryf jou gedig
Jakaranda in die reën
En die volmaan’s eers blind kind
Sy’s happy jy’s nou clean
Laat my klim om die glimlig
Heel aand wag
Hierdie visions van jou
My Venus se blouvrou

So vlug-vlug my kind
In die blou lug my kind
So vlug-vlug my kind
In die blou lug my kind

 

Vincent van Gogh

Jy het as ‘n miskende
heilige vergeefs geveg teen die ellende
en die onreg in die krotte van die myn,
in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
en  skriklike stryd van God
leer ken, wat mens en boom verknot
in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
in aanbidding van die son kon verwe,
boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
die kantelende landskap in die snelle ligte
geel en groen en blou –  alles met koorsige gevlek
tot branding van die skone kon verwek,
toe is Sy hartstog eers in jou volbring
soos groen sipresse tot ‘n vlam verwring.

D J Opperman

Understanding the lyrics and Van Gogh’s Life.

katie melua

16 September 2008

bye dans
korwe
drup nektar
‘n stadion wag
vir die happening
en lywe se swing

groen kykers flits
op die verhoog
smal vingers
stryk harte
en ‘n dy wieg

manne kry die blues
toe sy op versvoete
met rymende drif
lirieke uitdeel
en melodieë smokkel
iemand verlang
na die ver ver tyd
katie se timing is perfek

if you were a sailboat i would sail you to the shore
if you were a river i would swim you
if you were a house i would live in you all my days
if you were a preacher i’d begin to change my ways

vanaand is die maan vol gloei

met hartstog slaan sy die kitaar
en haar vingers laat tril die snaar

Cas Vos