Poësie-aand

‘n Heerlike gedig vol stuitighede; ‘n ligte geskerts oor voorlesings in die Dorpstraat Kafee

Die foto is nou nie een van ‘n tipiese dorpstraat kafee in Suid-Afrika nie, maar dit gee tog die gevoel mee van musiek en vrolikheid en ”geskinder en gepraat” en ‘n ”geroggel en gerook”.

main_square_bar

Foto krediet: Gozo News

Sal ek vanaand in Dorpstraat se kafee
my siel ontbloot for everyone to see?
Hier tussen die geskinder en gepraat
my siel ophang aan ʼn doringdraad?
Met ander se geroggel en gerook
my sielsgeheim met nikotien bestook?
Hier tussen al die waaiers en die fans
myself beskinder saam met also rans?
Nee, eerder lieg en skurwe rympies maak
oor snaakse goed wat ander siele raak
soos ghoffels wat kafoefel op ʼn trein
and other dear souls crying in the rain.
Maar smokkel met sy siel se brood-en-jêm
voor al dié vreemde wesens? Not-a-dêm!

Ronnie Belcher

Andre P Brink Mei 1935 – Februrie 2015

“Dis nie net die dooies wat in jou inweek en deel van jou word nie: dis almal, elke enkele een met wie jy ‘n entjie pad saamreis; elkeen gee af aan jou, jy aan hulle. Nooit is dit net jy en jy alleen nie. Nooit gebeur iets net NOU nie. Altyd sleep dit slierte saam. Altyd suig dit by voorbaat al die toekoms in.”

Andre P Brink

Andre P Brink