Die Elwekoning

“One ought, every day at least, to hear a little song, read a good poem, see a fine picture, and, if it were possible, to speak a few reasonable words.”
― Johann Wolfgang von GoetheWilhelm Meister’s Apprenticeship

 

DIE ELWEKONING

Wie ry daar so laat deur nag en wind?
Dit is ‘n vader met sy kind;
Hy druk die knapie so styf in die arm,
Hy hou hom veilig, hy koester hom warm.

“My seuntjie berg bang sy gesiggie, vir wie?”
“Sien Vader die Elwekoning dan nie?
Die Elwekoning met mantel en sleep?”
“My kind, dit is ‘n newelstreep.”

“Kom, kindjielief, kom saam met my!
So heerlik speel hul waar ek bly;
Veelkleurige blomme groei op die strand,
Van goud gaan jou kleed wees uit moeder se hand.”-

“My Pappie, is Pappie dan heeltemal doof
Vir wat Elwekoning my saggies beloof?”
“Bly stil, wees rustig maar, my kind!
In dorre blare duisel die wind.”-

“Gaan jy, lief seuntjie, met my saam?
My dogters ken almal reeds jou naam;
My dogters dans voor die nagt’like rei
En wieg jou en dans en sing so bly.” –

“My Vader, kan Vader dan glad nie gewaar
Elwekonig se dogters in die donker kol daar?”
“My seuntjie, my seuntjie, ek sien dit heel goed:
Die ou-gras skyn geel aan die randjie se voet?”

“Jou skoonheid bemin ek, my siel is ontsteld;
En as jy nie wil nie, gebruik ek geweld!”
“My Pappie, my Pappie, nou vat hy my raak!
Elwekoning het my seer gemaak!”

Die vader skrik; hy ry soos die wind,
En hou in sy arms die kreunende kind,
Bereik sy plaas in bange nood;
Die kind lê in sy arms dood.

 

Johann Wolfgang von Goethe

(vertaal deur S J Du Toit)

Gedig van die eeu: Een dag van morgen – Hans Andreus ( In Afrikaans vertaal deur Winnie Rust)

Die mooiste mooi gedig.  Eerlik, eenvoudig, aangrypend.

Tender moment 2

                                                                        Foto: Pinterest

GEDIG VAN DIE EEU

Een dag van morgen
Deur Hans Andreus

Wanneer ek môre doodgaan,
Vertel dan aan die bome
Hoe lief ek jou gehad het.
Vertel dit aan die wind
Wat in die bome klim
of uit die takke val
Hoe lief ek jou gehad het.
Vertel dit aan `n kind
Wat jonk genoeg is om te begryp.
Vertel dit aan `n dier
deur hom net aan te kyk.
Vertel dit aan die huise van steen,
Vertel dit aan die stad
Hoe lief ek jou gehad het

Maar sê dit aan geen mens.
Geen mens sal jou wil glo.
Geen mens sal dit kan glo:
Dat slegs maar `n man, dat slegs maar `n vrou,
Dat een mens `n ander so lief kan hê soos ek vir jou.

 

‘Een dag van morgen’ – gedig van die eeu

Tender moment

                                                                   Foto:Pinterest

Wanneer ik morgen doodga,
vertel dan aan de bomen
hoeveel ik van je hield.
Vertel het aan de wind,
die in de bomen klimt
of uit de takken valt,
hoeveel ik van je hield.
Vertel het aan een kind,
dat jong genoeg is om het te begrijpen.
Vertel het aan een dier,
misschien alleen door het aan te kijken.
Vertel het aan de huizen van steen,
vertel het aan de stad
hoe lief ik je had.

Maar zeg het aan geen mens.
Ze zouden je niet geloven.
Ze zouden niet willen geloven
dat alleen maar een man alleen maar een vrouw
dat een mens een mens zo liefhad
als ik jou

Hans Andreus