‘n Ver-af trein

'n Gedig oor afstand . . .

“Your memory feels like home to me.

So whenever my mind wanders, it always finds it’s way back to you.”

― Ranata Suzuki

Fotokrediet: Pinterest (fotograaf onbekend)
jy roep vanaand na my deur die sku skemer
met die onrus van ‘n broeis kiewiet
 
jy tel my op die berggroen skoppelmaaie van jou oё
half kind aan jou voorvinger
met stories en linte
half grootmens met die braille van my liggaam
onder jou hande
en al is jy nie by my nie
word dit nou by jou ook aand
met kinders in die koel strate
met water wat geluidloos spoel oor die kweek
met voёls wat hulself opvou in die bome
al is jy nie by my nie
is ek bewus van ons verbintenis
soos van blomme wat bloei in die skemer

ek hoor jou vanaand soos ‘n ver-af trein.

Antjie Krog

Pennies op die spoor

al die boompies langs die pad
die ken ek wel
al die goeters word daar van
my vertel
al die spookstories, dinge
en husse met lang ore
die perskeboom se takke hang al swaar
n kiewiet in die langgras wat raas
die winter was te lank

en die pennies op die spoor
het ek kleintyd verloor
maar die rykdom in my hart
snoesig toegemaak

die maan hou bakhand wag
oor die karoo
kleintyd stories wat ek glo
die padpredikant langs die pad wys
die huis is nie meer ver
klippe en rantjies afgeets
stil films flits verby
en jupiter is net n speldeprikgaatjie
in die hemel

en die pennies op die spoor
het ek kleintyd verloor
maar die rykdom in my hart
snoesig toegemaak

Stef Kruger
Die stasie by Vondeling