Grassade in die wind

N pragtige, emosionele weergawe van Dozi se “Grassade in die wind” deur Corlea Botha soos net sy dit kan doen met haar kragtige sopraanstem wat sny deur murg en been.

Ek loop maar katvoet deur my woorde
Soos deur die bitter mooi Karoo
Iewers skuil daar nog akkoorde
Iewers waai 'n rolbos vas
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai
Ek speel op die walle van die Groot Rivier
Begrawe my drome in die sand
'n Sterretjie vir Kersfees is nie veel gevra
Noem hom sommer maar my naam
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai
Warm warelwinde draai en draai
My gedagtes daarin vas gevang
En as ek dit een dag daar los kan woel
Sal ek vir jou 'n poskaart stuur
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai
Grassade my kind in die wind verwaai
In die wind verwaai
Ons is maar grassade my kind

Pennies op die spoor

al die boompies langs die pad
die ken ek wel
al die goeters word daar van
my vertel
al die spookstories, dinge
en husse met lang ore
die perskeboom se takke hang al swaar
n kiewiet in die langgras wat raas
die winter was te lank

en die pennies op die spoor
het ek kleintyd verloor
maar die rykdom in my hart
snoesig toegemaak

die maan hou bakhand wag
oor die karoo
kleintyd stories wat ek glo
die padpredikant langs die pad wys
die huis is nie meer ver
klippe en rantjies afgeets
stil films flits verby
en jupiter is net n speldeprikgaatjie
in die hemel

en die pennies op die spoor
het ek kleintyd verloor
maar die rykdom in my hart
snoesig toegemaak

Stef Kruger
Die stasie by Vondeling