Stasie

Soos net Jak de Priester kan.

Die engelse het n woord vir hierdie soort lirieke en musiek; “heartfelt”. Ek noem dit waansinnig mooi.

Op watter stasie, my liefling, het jy my gelos

Op watter stasie my liefling
Het jy my gelos?
Op watter stasie my liefling
Het jy my gelos?
Onder watter brandsiek bos
Het jy my gelos?

Op watter stasie my liefling
Het jy my gekruisig?
Op watter stasie my liefling
Het jy my gekruisig?
Met die spykers uit jou mond
Ja die spykers uit jou mond
Op watter stasie
Het jy my gekruisig?

In watter lende kleeddoek my liefling
Struikel my hartseer op
In watter kerkhof mag ek rou
Oor jy my nooit weer vas sal hou
Op watter stasie my liefling
Het jy my gelos?

In watter lende kleeddoek my liefling
Struikel my hartseer op
In watter kerkhof mag ek rou
Oor jy my nooit weer vas sal hou
Op watter stasie my liefling
Het jy my gelos?
Op watter stasie my liefling
Het jy my gelos?


			

Grassade in die wind

N pragtige, emosionele weergawe van Dozi se “Grassade in die wind” deur Corlea Botha soos net sy dit kan doen met haar kragtige sopraanstem wat sny deur murg en been.

Ek loop maar katvoet deur my woorde
Soos deur die bitter mooi Karoo
Iewers skuil daar nog akkoorde
Iewers waai 'n rolbos vas
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai
Ek speel op die walle van die Groot Rivier
Begrawe my drome in die sand
'n Sterretjie vir Kersfees is nie veel gevra
Noem hom sommer maar my naam
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai
Warm warelwinde draai en draai
My gedagtes daarin vas gevang
En as ek dit een dag daar los kan woel
Sal ek vir jou 'n poskaart stuur
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai
Grassade my kind in die wind verwaai
In die wind verwaai
Ons is maar grassade my kind

Dieper Blou

”Vanaand skryf ek teen die weggaan van jou . . .”

Dieper Blou – Jan Blohm
Lalie ek skryf vir jou, hier uit die dieper blou 

Oor die ding wat so aan my vasklou, die skaduwee van jou

En ek skryf teen die lug, ek skryf teen die kou

En vanaand skryf ek, teen die weggaan van jou



Want dis jy, jy, jy

Wat sonder woorde vir my lei

Ja dis jy, jy, jy

Wat my hopeloos reg verlei



Lady, ek skryf vir jou, hier uit die dieper blou

Oor die ding wat so aan my vasklou, die afskeid van jou

En ek skryf teen die lug, ek skryf teen die kou

En vanaand skryf ek, teen die weggaan van jou



Want dis jy, jy, jy

Wat sonder woorde vir my lei

Ja dis jy, jy, jy

Wat my hopeloos reg verlei



Ooh, oh, oh

Ooh, oh

Dis jy, altyd jy



Lady ek skryf vir jou, hier uit die dieper blou

Oor die ding wat so aan my vasklou, die skaduwee van jou

En ek skryf teen die lug, ek skryf teen die kou

En vanaand skryf ek, teen die weggaan van jou.

Jan Blohm

Lied van die natuur

‘n Drie-uur lange video van pragtige ontspannende klaviermusiek met natuurgeluid in die agtergrond
Luister na die geluid van reëndruppels op ‘n sinkdak
Die lied van paddas wat saamsing in ‘n koor
Luister hoe die wind ‘n boom laat kreun en kraak
Dis die lied van die natuur wat jy daar hoor
Refrein:
Daar is musiek oral om ons heen
En al wat jy moet doen is om te luister
Somtyds die ore spits
Want baiemaal is die liedjie net ‘n fluister
Soos ‘n bries wat speel oor ‘n koringland
‘n Kriekekoor op ‘n warm someraand
Luister laat die geluide jou bekoor
Want dis die lied van die natuur wat jy daar hoor

Aan die punt van die vallei hoog in die berge
Woon daar ‘n eggo alleen in ‘n klipspelonk
Elke liedjie wat hy hoor sal hy uitkoggel
Hy doen dit meesterlik vanuit sy tronk

Refrein:
Daar is musiek oral om ons heen
En al wat jy moet doen is om te luister
Somtyds die ore spits
Want baiemaal is die liedjie net ‘n fluister
Soos ‘n bries wat speel oor ‘n koringland
‘n Kriekekoor op ‘n warm someraand
Luister laat die geluide jou bekoor
Want dis die lied van die natuur wat jy daar hoor

Woorde en Musiek: Johan Wessels (Kupido)

Breyten se Brief – Jan Blohm

As ek vlug in die wind
Word ek die donker se kind
En belydenis die bind my
Met jou tangerine roos tintlint
Word wakker word wakker
Met die newspapergrappe
Vat my ver weg van jou
In Jazz cafe se Omo

So wals my my lief
Laat my in angels believe
Ek het gesê jy is die son
In Breyten se brief
Want hy maak ons huil
Maar jy maak my sien

Sunnyside se poems
Dryf my sweet sherry toe
Het jy ‘n clue my baby blue?
My Rosey so true
En daar’s dors in die tyd
Sing die Kaap se wind suid
Kom lê in my arms
Ek het als weggesmyt

Maar wals my my lief
Laat my in angels believe
Ek het gesê jy is die son
In Breyten se brief
Want hy maak ons huil
Maar jy maak my sien

En ek skryf jou gedig
Jakaranda in die reën
En die volmaan’s eers blind kind
Sy’s happy jy’s nou clean
Laat my klim om die glimlig
Heel aand wag
Hierdie visions van jou
My Venus se blouvrou

So vlug-vlug my kind
In die blou lug my kind
So vlug-vlug my kind
In die blou lug my kind

 

Huise van glas

Daar is ‘n rede waarom ek na hierdie musiek en lirieke gaan soek het. Die rede het ook te doen met my sans-TV Sondag en my nuut-ontdekking van die radio en RSG in die besonder. Die rede het te doen met die kerkdiens waarna ek vanoggend op RSG geluister het. My rede het te doen met Jesus se woorde in Matt 7:1 – 6 waarin hy praat oor oordeel:

Oordeelkundige oordeel = die verskil tussen veroordeel en beoordeel. 

Wat het ek geleer?

Moenie met ‘n kritiese gees oordeel nie. Veroordeling boemerang met ‘n spoed. Moenie skynheilig oordeel nie. Hou op om splinterinspekteurs te wees. Wees  balkeverwyderaars.

Moet egter ook nie oordeelloos wees nie.

Gesonde oordeel is noodsaaklik. As jy verkeerd oordeel gaan jy verskeur word. Wat skadelik vir ons is, moet uitgeskakel word. Soms is dit nodig om ”die stof van jou voete af te skud”.

Daar is twee kante van oordeel.

[Theuns Jordaan het die woorde van hierdie liedjie geskryf. Ek hou egter meer van die sangweergawe van Herman Holtzhauzen. ]

Kyk die mense in die strate, dokters, staats-amptenare
Almal dra geheime in die mou
Soos papier poppe op kaarte, word ons leeg sonder harte
En daar’s niemand wat ‘n ander meer vertrou

Waarom sien ons die splint in ‘n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Selfs die Son wat daar skyn, gee aan almal deel van hom
O moet nie oordeel nie, en wys nie ‘n vinger nie,
Ons almal woon in huise van glas

Kyk die nuus in die koerante, oordeel van alle kante.
Is daar dalk ‘n skuldgevoel wat skuil
En die mense praat en skinder, oor die dinge wat hul hinder
Maak nie saak wie huil nie, dis die styl.

Sê my waar is die broeder liefde, dalk gesteel deur die nag diewe
Al wat nou nog oorbly, is verwyte en kritiek

Waarom sien ons die splint in ‘n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Selfs die Son wat daar skyn, gee aan almal deel van hom
O moet nie oordeel nie, en wys nie ‘n vinger nie,
Ons almal woon in huise van glas
 Theuns Jordaan

Pennies op die spoor

al die boompies langs die pad
die ken ek wel
al die goeters word daar van
my vertel
al die spookstories, dinge
en husse met lang ore
die perskeboom se takke hang al swaar
n kiewiet in die langgras wat raas
die winter was te lank

en die pennies op die spoor
het ek kleintyd verloor
maar die rykdom in my hart
snoesig toegemaak

die maan hou bakhand wag
oor die karoo
kleintyd stories wat ek glo
die padpredikant langs die pad wys
die huis is nie meer ver
klippe en rantjies afgeets
stil films flits verby
en jupiter is net n speldeprikgaatjie
in die hemel

en die pennies op die spoor
het ek kleintyd verloor
maar die rykdom in my hart
snoesig toegemaak

Stef Kruger
Die stasie by Vondeling

Ek loop die pad

 

Ek loop die pad al lank, my lam
so kaalvoet deur die kou
van doeriekant se doringveld
en kyk hoe lyk ek nou

Ek loop die pad so sonder hoed
deur son en wind en grou
so kaalvoet op die slingerpad
en kyk hoe lyk ek nou

My lam, die gras is soms so groen
die son is soms so lou
maar ek loop hierdie pad alleen my lam
en kyk hoe lyk ek nou

Onthou jy nog hoe ons kon loop
so loslyf en verspot
so vlieg – vlieg oor die koppies heen
‘n Ragab en ‘n Lot

Maar nou loop ek alleen, my lam
so kaalvoet deur die kou
en soms, net soms, dan wonder ek
my lam, waar is jy nou
en soms, net soms, dan wonder ek
my lam, waar is jy nou?

Lirieke: Amanda Strydom
Musiek: Zane Cronje