Ek ken jou naam nie

ek ken jou naam nie
ek weet nie waar’s jy nie
ek weet net ek is my hele lewe lank
al op pad na jou toe
dat ek soms gedink het
die een wat voor my staan is jy
maar dit was nie
telkens stap jy sonder dat ek dit weet
aan die ander kant van die pad verby
dalk sal ek jou eendag vind
of dalk nie
actually soek ek nie meer na jou nie
maar soms net soms
droom ek nog hoe jou hand soos ń groen skoenlappertjie
teen my skouer kom troos
en wil ek net hê jy moet weet
dat sonder jou
my reënboog nog altyd
net een kleur gehad het

Lidi de Waal

Fotokrediet: Pinterest

dat sonder jou my reënboog nog altyd net een kleur gehad het

From the movies – A love letter

From a Spanish movie, roughly translated. An adult son was tidying up his late father’s study when he discovered, on top of the bookshelf, a locked metal box. There was no key, so he broke the lock with a hammer. Inside the metal box, he found a whole bunch of letters.

”I began to know my father on the day he died. A bit late don’t you think? Or maybe it was the right time? My father always liked proverbs. One of his favorites was: “Better late than never.” Well, for once I have to agree with him. Dad, it was worth the wait . . .

As well as liking proverbs, my father was a methodical man. A place for everything and everything in its place. His family wasn’t exempt from this fastidious sense of order. I was the middle brother who came after the eldest one, but before the youngest. Perfect. I was never quite so clear about where my mother fitted in and neither was she, I suspect. Maybe now that he is lying beside her, they’ll have time to talk it over.

Lack of communication was always another family theme. We never talked about it, or about the other issue or lots of other things. We never talked about anything that wasn’t perfectly trivial and transient. perfectly civilized.

So when my two brothers delegated me to share out our father’s estate, rather than disliking the task, it filled me with a secret hope. maybe amongst my father’s momentos, I could find something to make me suspect, even for a moment, that beneath that impertubable character, there was a human being with doubts, fantasies, fears and love.

My father’s letters, how could they not be, were catalogued down to the last detail. No surprises at all. Nothing of any interest. That was the last bundle. Or was it?

And now here, in front of me, a new opportunity to defy my father, to probe his secrets. This time a thrashing won’t be of much use to him.

I couldn’t find a key, so I used a hammer to open the box.

Why weren’t these letters not cataloged with the others? Why had my father classed them as special, like those sweets from the provinces, and locked them away?

No mention of the sender? But the address is always in the same handwriting. Some of them were torn up and fixed. Who was this anonymous correspondent, who could trigger in him such feelings? Make no mistake, my father tore things up because he wanted them torn up. He never, and I mean never, made a mistake.

Or that’s what I thought . . .”

Image: Pinterest

My dear Rafael

It’s three weeks since I saw you last and all I can say, is that nothing and no one can put you out of my thoughts, which are troubled by your insatiable absence, by the evocative memory of your presence.

The days are long and featureless like a sterile plateau on which nothing grows if you are not walking there.

In a week’s time I will hold you in my arms, imagining a world in which nothing exists except you and I and this love that overwhelms me; nothing is like it is, but all is how it should be.

I love you so much that it hurts me even to write it. Is it possible to to love so much that it hurts?

I dream about you every night, every day with my eyes open or closed, with my soul distant and orphaned without you.

Good bye, my love.

J

My dear Rafael

I’m writing this letter in desperation, like everything I do when it’s connected with you, like every one of my days since I met you.

I never would have imagined a love like this. I never could have dreamed of a bile so sweet, of a pain so pleasurable . . .

It’s bad to make assumptions, especially in matters of the heart, which have more in common with the lottery than Mathematics; although that’s a common place you must have come across already.

At least, once in your life, you have to take the plunge and jump into a deep abyss. The landing may be painful. but . . . the freefall is. . . unforgettable!

J

“So time and space won’t get in the way” A love letter

A love letter from an Italian movie; beautiful and sincere . . .

Image credit: Pinterest

Hi E

What was it that you wrote? “So time and space won’t get in the way”? But everything got in the way.

If we had gone out together that day, if we had gone to that restaurant I had booked, if we had chatted and laughed all night over a glass of red wine, like an ordinary couple, maybe we’d still be together.

When I got back from the clinic, things were pretty bad, but I still managed to get to the snack bar. I tried to run towards the movie theater, but I found myself in the middle of a clash between the protestors and the police. I got run over and hurt. I broke my arm badly. It took some time, but as soon as I could I came back to find you.

And I am still here, waiting . . .

Your absence tie me even more to you. I’m already used to your absence. You were already in my life before we even met. I thought about you before I even knew what you looked like.

Here’s my phone number. Please, call me. Even if it’s just to say no.

P

The unsent love letter

So n titseltjie engels.

Een van die mooiste liefdesbriewe ooit; eerlik, eenvoudig, onpretensieus, uit die hart uit . . .

From the English movie: “Man in an orange shirt”

The love I feel for you runs through me like grain through wood.

The Unsent Letter:

My Darling Thomas,

I’m at work. Nobody knows I’m writing to you here. They think I’m drafting a long and stupefying memorandum about incremental shifts in the price of Welsh coal since the end of the war for the ladies in the typing pool to type up later.

You refuse my visits so you’re probably tearing up my letters too but there’s nothing else I can do but keep trying. It’s beyond my control, do you see?

All those months ago, when I had nothing to lose really, I wrote to you in my head but was too cowardly to set more than lies upon paper. And now I find I no longer care. The love I feel for you runs through me like grain through wood. I love you, Thomas. Your face, your voice, your touch, enter my mind at the least opportune moments and I find I have no power to withstand them. No desire to.

I want us to be together as we were in the cottage. Only for ever, not just a weekend. I want it to go on so long that it feels normal. I think of you constantly. Your face, your breath on my neck at night. I want to do all the ordinary, un-bedroomy things we never got around to doing. Making toast. Raking leaves. Sitting in silence.

I love you, Thomas.
I’ve always loved you.
I see that now.
Tell me I’m not too late.

Michael

Lees voort

In my woestyn deur Thomas Deacon

‘n Moedersdaggedig geskryf deur Thomas Deacon – geen oordrewe sentimentaliteit nie . . .. Ek hou daarvan.

Foto krediet: Pinterest “The light is rising – Arizona” by Max Rive
In my woestyn was ma se liefde 
spatseltjies dou 
op 'n dorstige tong

in my woestyn was ma se liefde
vroegmôre manna
en 'n wolk van beskutting
bokant 'n skroeiende son

in my woestyn was ma se liefde
die soetproe van druiwe
agter vér verre duine
waar grootrivier krink

in my woestyn was ma se liefde  
spatseltjies dou
vroegmôre manna
die soetproe van druiwe
en 'n wolk van beskutting
toe die kersvlam verdof
en die pit begin kantel

Thomas Deacon
Haal Aan

Die Tarentaal

Soms, gewoonlik heel onverwags, ontdek ‘n mens n juweel, ‘n gediggie van n heeltemal onverwagse bron. In hierdie geval is die bron ‘n internet vriend van baie jare, meer as 10 jaar dink ek. Stom van verbasing lees ek eendag hierdie gediggie op sy FB-blad: ‘n pragstuk en dit van ‘n besigheidsman met ‘n besigheidsbrein.

Foto krediet: The Web
'n Tarentaal het hier
verbygeloop
Nuuskierig sy kop
gedraai en my bekyk.
Rustig verder in die gras gepik
en my met net 'n veer
gelaat . . .

Nico Prinsloo

Stasie

Soos net Jak de Priester kan.

Die engelse het n woord vir hierdie soort lirieke en musiek; “heartfelt”. Ek noem dit waansinnig mooi.

Op watter stasie, my liefling, het jy my gelos

Op watter stasie my liefling
Het jy my gelos?
Op watter stasie my liefling
Het jy my gelos?
Onder watter brandsiek bos
Het jy my gelos?

Op watter stasie my liefling
Het jy my gekruisig?
Op watter stasie my liefling
Het jy my gekruisig?
Met die spykers uit jou mond
Ja die spykers uit jou mond
Op watter stasie
Het jy my gekruisig?

In watter lende kleeddoek my liefling
Struikel my hartseer op
In watter kerkhof mag ek rou
Oor jy my nooit weer vas sal hou
Op watter stasie my liefling
Het jy my gelos?

In watter lende kleeddoek my liefling
Struikel my hartseer op
In watter kerkhof mag ek rou
Oor jy my nooit weer vas sal hou
Op watter stasie my liefling
Het jy my gelos?
Op watter stasie my liefling
Het jy my gelos?


			

Grassade in die wind

N pragtige, emosionele weergawe van Dozi se “Grassade in die wind” deur Corlea Botha soos net sy dit kan doen met haar kragtige sopraanstem wat sny deur murg en been.

Ek loop maar katvoet deur my woorde
Soos deur die bitter mooi Karoo
Iewers skuil daar nog akkoorde
Iewers waai 'n rolbos vas
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai
Ek speel op die walle van die Groot Rivier
Begrawe my drome in die sand
'n Sterretjie vir Kersfees is nie veel gevra
Noem hom sommer maar my naam
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai
Warm warelwinde draai en draai
My gedagtes daarin vas gevang
En as ek dit een dag daar los kan woel
Sal ek vir jou 'n poskaart stuur
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai
Grassade my kind in die wind verwaai
In die wind verwaai
Ons is maar grassade my kind

my liefste allerlief

Soms sien ek ‘n foto of ‘n prentjie of ‘n skildery of iets iewers raak en dan bêre ek dit daar waar dit veilig is, want ek weet ek gaan iewers, eendag, onverwags, onbeplan ‘n gediggie of woorde kry wat daarby pas, perfek pas soos ek wil hê dit moet pas; woorde wat die subtiele emosionele ragfyne nuanse van die foto vasvang; woorde wat mens naby jou hart hou. Dan wag ek geduldig . . .

En so het ek dit toe gekry – eers die foto en toe die gedig – ‘n gedig wat die weerloosheid en kwesbaarheid van die twee mans op die foto so absoluut onbeskryflik mooi omvou.

Die gediggie is geskryf deur Lidi de Waal.

Die kamera het 'n asemlose mooi intieme oomblik tussen die twee akteurs in 'n Amerikaanse series vasgevang.

Fotokrediet: Tumblr

“ek wil vir jou die sterre blink laat blou
dit nadertrek tot rondom jou”

ek wil vir jou hemel verf
presies so uiters hemels
soos net vincent dit kon doen
ek wil vir jou die son laat goud
nooit te warm en nie te koud
wat sal lig skyn tot in jou donkerste
tot agter alle rowe en alle letsels
wat daar ooit was
of ooit sal wees
ek wil vir jou die sterre blink laat blou
dit nadertrek tot rondom jou
en sê kyk kyk my liefste allerlief
hoe bitter mooi is blou
ek wil vir jou die kamer
heel laat maan
tot strale sag teen jou rug afgaan
my lyf teen jou aanvly
en sê my liefste liefste allerlief
sal jy vannag by my bly

Lidi de Waal







O

die see is pienk vanaand – deur Lidi de Waal

Hierdie lieflike gediggie het nie ‘n titel nie – altans ek dink nie so nie. Ek het die gediggie op haar, Lidi de Waal, se FB-blad raakgelees en daar was nie ‘n titel daarby nie.

Die foto is ‘n skildery wat ook deur Lidi de Waal geskilder is en wat sy saam met die gediggie geplaas het. Gaan besoek gerus haar webblad en aanlynwinkel by https://www.lididewaal.co.za/

Hierdie gediggie is dan vir jou, my lief . . .

die see is pienk vanaand my lief 
en die dag was blou
die wind het hom styf in sy kombers toegevou
en het stil agter die eerste duin gaan lê
die see is pienk vanaand my lief
en die aand is lou
en kyk my lief
die maan hang geel en silwer bo die see

Lidi de Waal


Skildery deur Lidi de Waal