Benedictus en die liefde

Aanhaling uit:”KanaƤn” Sophia Kapp se jongste roman

“Liefde is nie n knal nie. Dis net n wete, n sekerheid wat soos n enkele noot deur die stilte loop: die fluit van n bokmakierie oor die veld, of n sopraanstem wat inval met n Benedictus, hoog en suiwer en sekuur, in die gewelf van n katedraal.”

En dan is daar Hauser en sy tjello . . .

Tydloos soos die liefde

Vir jou, my lief

“Voshaarnooi” Ter nagedagtenis aan Louis van Rensburg

Louis van Rensburg sing sy toonsetting van Boerneef se pragtige gedig

Bantam hom so en flennie die snare
Ek is verlief op die kind
Die son slaan vuur uit die sweetvoshare
Ek is verlief op die kind
Hoor jy meisie met die sweetvoshare
verstaan jy die praat van die rankie snare
Ek is verlief op die kind
Lappa lei vir Bella koud, in Waboomskloof se geel bossies
Lappa maak vir Bella stout,
Met Hanepootse natrossies
Donkerrooi die wingerdblaar en warmrooi die mond van haar
My hart blom wit vir die voshaarnooi
Pluk heide van die rooiste rooi
Vir hierdie einste voshaarnooi
Bellabint my meisiekind, dis hartblom wit, die heiderooi
Bellabint my meisiekind, dis hartblom wit, die heiderooi
Vir jou my voshaar meisiekind