Man’s love is of man’s life a thing apart, ‘Tis woman’s whole existence
Lord Byron in Don Juan
Image credit: Antiquity and Revenge on Screen
'n vrou het eenmaal lief en as die man van haar liefde wegdraai skarrel die skepping opeens verskrik krys wraakvoëls van 'n ysspits af word die son 'n sweer wat etter spin sy 'n gifkleed vir sy minnares brok sy die seuns van haar bors soos korse brood, slyp sy uit haar wond, 'n swaard blinker en skerper as glas en keer hy terug, vind hy haar in 'n huis wat sy nie meer bewoon nie in 'n kamer sonder lig kyk sy na hom met oë wat nie aan haar behoort nie nie kleisag nie. toegeklip. Sarina DÖnges