In teenstelling met die vorige gedig se wraak en bitterheid, is hier ‘n titseltjie heimwee en verlange van ‘n volwasse dogter na haar ietwat ”mallerige” ma wat seker deur min mense verstaan is.
la sona molto felice
My mamma is bossies uit haar een oog huil sy Puccini uit die ander oog betig sy my Snags kweel sy: Bedaar, my kind, bedaar môore kry jy van soetpap en melk My mamma is bossies la sona molto felice, sing sy en pak haar kaarte uit Hoe mooi is sy nie sy met haar hare soos pruimedante my bossiema met haar taai drome en onverwagte uitgelatenheid. My mamma is bossies Sy is dood nou ingeweef in die familietapisserie Sy jaag haar ganse strandlangs met 'n dun swepie aan Sy draai om, sien my my agterstevoorkind, sê sy mag dit goed gaan met jou Jeanne Goosen
Pragtige gedig… dit lees amper sprokie-agtig en is ook lekker donker soos ‘n kinderliedjie (jy weet koljander, koljander ens)
Ek stem saam. Pragtig en uniek oor ‘n anderste ma en dogter.
wat is die tipografie en bou van die gedig?
Hoe bedoel jy?